TAMATIE SOP A LA CLAUDIA
1 Kilogram Woolies Rosa tamaties,
1 pak Woolies basilicum blare fyngekap,
1 groot ui fyngekap,
4 tone knoffel fyngekap,
1 beefshin,
2 sakkies fresh chicken or veg stock van Ina Paarman,
250 gram extra lean mince in klein balletjies gedraai met smaake van jou eie keuse (Ek het pesto deurgesit en peccorino kaas, sout, peper en paprika poeier),
2 Liter kookwater,
250gram Creme Fraiche,
1 blik chopped tamaties,
1 blikkie tamatie puree.
2 eetlepels suiker,
1 handjie vol vermecelli vir die laatste 10 minute.
Braai in ‘n groot pan die fyn gekapte ui, Sit dan die beefshin in en braai hom saam. net dat hy verkleur. Sit dan die 2 liter kookwater by en 2 sakkies vars hoender of veg stock van Ina Paarmans. laat dit staan en saggies kook vir 5 ure met die deksel op. Haal die beefshin se been uit en sny die vleisies af en sit die vleisies terug in die vloeistof en gee die been vir die hond smile emoticon Sit by die res van die bestandele soos hier bo genoem behalwe die basilicum en creme fraiche, dit moet heel laatste by. Laat alles goed saggies deur kook vir so 2 ure. Maak fyn met ‘n blender of stick blender. Sit na die 2 ure die mince balletjies by en die creme fraiche en basilicum blare en laat deur kook saggies vir so half uur. Sit die laatste 10 minute ‘n handjie vol vermecelli by. Bedien met ‘n lekker foccacia of ciabatta smile emoticon Bon Apetit!
Resep en foto: Claudia Bellink








