SUNETTE SE LEMONADE STROOP
Ek skil gemmer af en sny fyn in my food processor (koop dit in pakkies opgemaak by foodlovers market) … Dan kook ek ‘n hele ketel vol water en gooi die water en gemmer in ‘n glasbak om te week (hoe langer dit week hoe beter) en dan druk ek 1 liter suurlemoen sap uit (gooi dit deur ‘n sif) gooi 1,5 liter heuning in ‘n glasbak (weet dis baie en heuning kan nogal duur wees ….
Jy kan ook helfte heuning en helfte suiker gebruik) gooi 375ml van die gemmer water by die heuning (help as die water warm is, dan meng dit makliker met die heuning) en gooi jou suurlemoen sap by die heuning/gemmer water …. Roer en sit in bottels – gebruik soos koeldrank stroop (klein bietjie saam baie water) ons gooi nog ekstra gemmer water by elke glas wat ons drink maar my seuntjie hou van dit sonder ekstra gemmer
NOTA: ek moet by se as jy suiker gaan gebruik inplaas van heuning moet jy die gemmer water en suiker bietjie op die stoof sit sodat die suiker kan oplos en dan van die plaat afhaal en dan jou suurlemoensap by gooi
RESEP EN FOTO: Sunette Shepperson








