SOET GEVULDE BUTTERNUT
Sny die boepens van die butternut af so diep soos verkies en haal pitte uit. Skep n goeie klont botter in die holte en muscovado suiker. Bak in die oond in ‘n bak met foil oor. Die foil moenie aan die pampoen raak nie maar hoe nader die foil aan die pampoen is hoe beter die resultaat. Maak oop en skep van die stroop op die kante ook en bedek weer met foil en bak tot gaar en mooi bruin teen 180ºC. Vul met heel perskes wat in ligte stroop ingele is.
Bron: Jacques Marianne van Niekerk








