SAMOESA MAALVLEIS VULSEL
1 ui fyn gekap
250 g maalvleis
1 teelepel borrie
5 teelepels maizena
5 teelepels kookolie
2 teelepels kerrie
1 teelepel sout
Braai uie tot sag oor matige hitte
Roer maalvleis in
Voeg borrie, kerrie en sout by
Braai 5 min saam
Maak maizena met bietjie water aan
Kook tot dik, koel af en vou jou samoesa
Ek gebruik die resep al jare
Bron: Anna-Marie Kotze








