

MELKTERT KOEK – JODETERT MET VERSKIL
Resep en foto: Barbara Bullock
FOOD LOVERS RECIPES
Melktert vulsel:
Kook saam:
1 blik kondensmelk
2 blikke melk (kondensmelk blik)
50 ml botter
Meng goed en voeg by:
2 eiers, geskei
60 ml bakpoeier
½ blik melk
Sodra dit kook, verwyder van warm plaat. Voeg 10 ml karamel geursel by. Meng goed en vou styfgeklopte eierwit by. Laat afkoel.
Koek:
Room saam:
20 ml botter
¼ koppie suiker
2 eiers
Voeg by:
1 ½ koppie gesifte bruismeel
‘n knippie sout
Meng met houtlepel tot ‘n rolbare deeg.
Maak 5 klein balle en rol uit in ‘n sirkel en bak teen 180 ºC vir 8 minute op ‘n uitgevoerde oond pan met waspapier. Ek gebruik “spring vorm” pan om te meet om dieselfde groote te kry en ook om my lae in te pak en om te bêre in yskas oornag.
Sit laag koek in “spring vorm” koekpan, bedek met vulsel (1½ soplepel) strooi kanneel oor en herhaal tot koek en vulsel klaar is.
My melk tert vulsel was nog lou maar maak nie saak nie, laat net heeltemal afkoel voor in die yskas sit.
Spring vorm- koekpan wat kan los maak of bodem los is. Enjoy!😀







geskuif
Baie lekker