LEMOEN EEND
1 eend
4 aartappels
1 lemoen
250 ml lemoensap
100 ml marmalade of appelkooskonfyt (marmalade is lekkerder)
5 ml asyn
100 ml hoenderekstrak-poeier ( jy gebruik nie alles gelyk nie)
100 ml koekmeel
100 ml bruinsuiker
250 ml warm water
10 ml mazina
sout en peper
Paar vars kersies (opsioneel)
125 ml Van der Hum likeur (of enige ander lemoenlikeur)
Was die eend binne en buite en knip al die los velle af – onthou om die sakkie binnegoedjies uit te haal
Vee die eend droog met n lappie
Halveer die lemoen en druk dit in die eend
Skil jou aartappels en halveer , sit onder in n oondbak waarin jy die eend gaan gaarmaak
Sit n draadrakkie in die bak, want jy gaan die eend op die draadrakkie sit.
Meng die meel, sout en peper en 50 ml van die hoenderekstrakpoeier in n bakkie, smeer nou die hele eend met dit in
Plaas die eend op die rakkie in die bak en prik die eendvel met n mes – die vet moet uitloop ( niks maak beter braai-aartappels as eendvet nie)
plaas in n oond by 180 grade Celsius vir 2 uur
Moenie die eend bedek nie en na n uur draai jy die eend om – sy moet orals mooi bruin word
maak intussen die sous: gooi die lemoensap,asyn,water, marmelade, bruinsuiker, hoenderekstrak, kersies en water in n pot en kook dit vir 10 minute liggies
Meng die maizena met 80 ml kraanwater tot n pasta en roer dit dan by jou lemoenstroop – kook vir 5 minute
Haal jou blinkvet eend uit die oond en geniet dit met jou jasmynrys en aartappels. Dit neem n bietjie tyd en moeite maar is elke happie dit werd.
Bron en foto: Marinda Kook