KOOL EN BEET SLAAI
2 middelslag bete
halwe koolkop
half koppie karringmelk
half koppie mayo
3 e kondensmelk
Kook beet tot sag. Laat afkoel en vryf skille af en rasper grof. Kerf koolkop fyn en meng met gerasperde beet. Meng karringmelk, mayo en kondensmelk en voeg by.
Meng goed.
RESEP EN FOTO: Jacques Marianne Van Niekerk








