KOEJAWEL NEKTAR
4 kg ferm, ryp koejawels
Skil, sny die stingel en onderkant af en sny in skywe. (Skil van 4 kg het my omtrent ‘n uur geneem!) Kook die koejawels in ongeveer 1 liter water tot sag. Druk die gekookte koejawels deur ‘n sif om van die pitte ontslae te raak. Voeg 500 ml suiker vir elke 2 liter nektar by. Verhit en roer totdat die suiker opgelos is. Voeg water by tot die puree dun genoeg is om te drink.
Bron en foto: Retha Collett








