FYN MAKATAANKONFYT MET PYNAPPEL
500 gr makataan
250 gr pynappel
375 gr suiker
1/4 koppie water
Verwerk vrugte in voedselverwerker tot grof, gooi suiker en vrugte in lae in pot en gooi water oor, laat staan vir so 1 uur, verhit stadig tot suiker gesmelt het en kook dan vinnig vir 30min.
Vir chillie het ek so 15 min voor gaar 3 chillies opgekap by 750 gr konfyt in aparte pot gesit en gekook. Die water moet maar uitgewerk word die resep sê 2 koppies op 5 kg makataan.
Foto: Lina Victor








