KERRIE PIESANGSLAAI-PIESANG LEKKERTE
Foto en resep: Jacques Marianne Van Niekerk
FOOD LOVERS RECIPES
Kerrie-piesangslaai wat my liefde “Piesang-lekkerte” noem.
1 ui, in skyfies gesny
2 eetlepels olie
½ teelepel medium kerriepoeier
skud of 2 borrie
3 eetlepels mayonnaise
2 eetlepels kondensmelk
2 teelepels suurlemoensap
3 piesangs, in skyfies gesny
Braai die ui, in die olie.
Voeg die kerriepoeier en borrie by.
Voeg die mayonnaise kondensmelk en en suurlemoensap by.
Meng goed en sny die piesangs daarin.
Meng deur.








