EENDBORSIES MET ROOIWYN
Begin jou eendborsies in ‘n KOUE pan, maar eers strooi jy bietjie growwe sout in die pan.
Dan verhit jy die pan, en hou hitte nie te hoog nie. Dit neem so 8 – 10 minute vir die vetkante om mooi bruin te kleur.
Draai dit om.
Die metode werk goed: die vet was lekker bros voor ek die sous bygevoeg het.
Gooi vet af en voeg die volgende sousie by:
Gooi so bietjie rooiwyn in die warm pan om te “deglaze”
Voeg so bietjie “Raspberry Coulis” by (paar lepels),
En roer ‘n bief-aftreksel by met deurgesnyde aarbeie.
Resep en Foto: Zuri Roos








