BULLY BEEF CHILLI KAASWORS SPINASIE EN -KAASTERT
Blikkie bullybeef
Pakkie cheese chillie worsies
Pak spinasie
250g kaas in blokkies gesny
3 snye brood
1 houertjie room
1 ui en 1 Blikkie Tamatie (of selfs ‘n blikkie tamatie en uie smoor)
1 eetl vars knoffel
3 eetls Chutney
3 eetls Mosterd
Sout en peper
6 gekookte eiers
en 4 eiers geklits
Sny alles in blokkies.
Braai die uie en knoffel tot sag en sit die worsies en boeliebeef by. Sny tamaties op en sit by. Gooi so bietjie mosterd sous en chutney by.
Haal van stoof af. Sny gekookte eiers en gooi by mengsel
Klits die 4 eiers en gooi by
Sny brood in blokkies en gooi room oor dat dit intrek. Gooi dan by mengsel.
Sny spinasie op en gooi by
Sny kaas in blokkies en gooi by
Meng alles lekker deur en bak vir 40min teen 180°c
Laat afkoel
BRON/FOTO: Marian van Deventer








