BEESTONG EN BRUSSELSPRUIT GEREG
Week 1/2 koppie rosyne in kookwater waarby 1 teelepel mosterd poeier en 1 eetlepel maynnaise gevoeg is.
Kook 1 beestong wat klaar gepekel is saam met:
1 wortel in ringe gesny,
1 gekerfde ui
omtrent 10 cm stukkie selderystingel fyn gekap
Die tong moet bedek wees met water wanneer jy begin en voeg water by indien nodig. Verwyder tong wanneer gaar en kook dan so 2 groot aartappels in dieselfde water tot gaar saam met 1 teelepel Ina Paarman aarsappel spice. Skep aartappels en wortels uit met gaatjielepel. Voeg nou rosyntjiemengsel by en prut.Sny nou so 5 swart sampioene in die helfte en prut in dieselfde sous. Kook handvol brusselsprouts net so 5 min in die mikrogolf en voeg by sampioene in die sous.
Gooi 1 pakkie “lui huisvrou sous vir roasted chicken” se poeier by en roer goed deur.
Voeg ongeveer 1/2 teelepel growwe swartpeper by en prut so 5 min.
Sny nou die tong en aartappels in skywe en pak in oondvaste bak om die beurt met die sampioene ook by, skep wortelstukkies en brussel sprouts bo oor.
Gooi nou sous oor en bak in die oond by 180 ºC vir so halfuur.
Skep meeste rosyne af en meng met kaapse mosterd en bedien saam met die tonggereg.
FOTO EN RESEP: Jacques Marianne Van Niekerk








