SOET MARMELADE
4 pitlose lemoene
1 lemmetjie
2 (500 ml) koppies water
5 koppies suiker
Skil met n mes die lemoene en lemmetjie so dun as moontlik af. Sit dit eenkant.
Haal die vlies van die lemoene en lemmetjie skyfies uit (dis die klein selletjies wat die sap bevat) en sny in blokkies ± 1cm groot. Moet nie velletjies op he nie. Ek sny gewoonlik die lemoen dwars in die helfte en skep dit dan met n teelepel uit. Sorg ook dat daar nie pitte by dit in beland nie.
Skraap nou die skil aan die binnekant skoon. Die wit moet amper alles af wees. Neem n skertjie en sny die skil in dun repies.
Plaas die skil, suurlemoen en lemoen stukkies in n 4 L pot. Voeg 2 koppies water by en kook vir 30 min op hoe hitte tot water amper alles weg gekook is.
Voeg nou die suiker by en kook vir 1 1/2 uur totdat die skilletjies n geglasierde voorkoms het. Doen piering toets. ( Skep ‘n halwe teelepel vol op ‘n glas piering, laat bietjie afkoel. As dit so dik is soos koue stroop is dit reg)
Steriliseer glas flessies met kookwater en laat droog. Skep warm marmelade in flessies tot dit amper oorloop en draai prop op. Draai fles om en spoel met warm water af.
Laat afkoel en plaas dan in yskas.
BRON – Mickayla Swart








