

SNOEK KOEKIES
groot halwe snoek
1 teelepel pietersielie
1 teelepel vis speserye
Kwart teelepel paprika
2 eiers
1 middelslag ui gerasper
Kwart teelepel peper
2 snye brood (ongeveer)
Week brood eers in bietjie water, druk al die vloeistof uit die brood. Pluis die snoek en verwyder al die grate. Meng als saam en maak koekies. Bak in bietjie olie. Jul kan bietjie sout bysit vir die wat dit verkies.
Resep en foto: Alta Theart






