

SJOKOLADE CUPCAKES MET BUBBLEGUM VERSIERING
Apart – Klits 4 eiers, 1 kp suiker en 5 ml vanilla essence saam tot liggeel en romerig.
Apart – sif 375 ml koekmeel, knippie sout en 15 ml bakpoeier saam.
Apart – meng 125 ml olie, 125 ml kookwater en 30ml kakao saam.
Voeg dan om die beurt die olie mengsel en meel mengsel by die eier terwyl stadig klits.
Bak dan 25min teen 180ºC
Uit een beslag het ek 18 cupcakes gekry. Dan het ek die icing gemaak met witbotter en versiersuiker. Klits die botter baie baie goed, dat dit lyk soos room, voeg nou die versiersuiker bietjies bietjie by en klits aanmekaar. Voeg nou blou kleursel en bubblegum essence by na smaak en versier met coco 1000’s op.
Resep en foto: Cariena Henrico






