

SALM EN PHYLLO QUICHE
4 Phylo deegvelle
3 heel grasuie, gekap
3 eiers
175 ml room
Feta kaas, verkrummel (hoeveelheid na smaak)
4 plakkies gerookte salm, in stukkies gesny
4-6 vars aspersies, geblanseer en in stukkies gesny
sout en vars swart pepper, na smaak
Klits die eiers en room saam. Voeg die ander bestanddele by behalwe die phylo deeg. Op jou werkblad neem 1 vel phylo en smeer dit met gesmelte botter. Plaas die volgende laag deeg op en smeer weer met botter, herhaal tot al 4 velle opmekaar is en eindig met botter. Sny die deeg in 12 ewe groot vierkante. Sit die deeg in ‘n kolwyntjie pan en gooi die vulsel in. Bak so 20 min teen 180ºC of tot mooi bruin en die vulsel gestol het. Geniet warm of koud.
Foto en Resep: Ilona Turner







geskuif