PEETMA SE GEMMERPOEDING
1 ½ koppies meel
1 koppie melk
1 teelepel koeksoda
1 eier
1 koppie suiker
250 g margarien
1 teelepel fyn gemmer
2 eetlepels appelkooskonfyt
Verroom botter en suiker.
Voeg eier by en klits goed.
Voeg konfyt by.
Sif droë bestanddele.
Gooi afwisselend met melk by eiermengsel.
STROOP.
Smelt 1 koppie suiker in 3 koppies kookwater.
voeg 1 teelepel suurlemoenskil by.
Gooi in diep skottel (skep die beslag in die stroop voor jy dit bak) en bak by 180°C tot bruin en gaar.
Bedien met vla.
Resep: Alice Meintjes








