

NEDERLANDSE POFFERTJIES
250 g meel
300 ml melk
2 eiers
5 g gedroogte gis of 10 g vars
2 ml sout
10 ml suiker
botter of olie
Meng al die bestanddele behalwe die botter of olie tot ‘n gladde deeg. Laat die beslag 1 uur rys op ‘n warm plek. Smeer die poffertjie pan met botter of olie en skep die beslag in die holtes draai om sodra die poffertjie bruin is. Gooi stroop of heuning oor en strooi versiersuiker oor en geniet.
Foto en resep: Ilona Turner
Posted: Amanda Conradie






