MAALVLEIS VULSEL VIR PASTEIE
1.5 kg maalvleis
2 eetlepels fyn koljander
4 teelepels sout
2 snye brood
1 teelepel All spice
2 eetlepels Worcestershire sous
bietjie water
Kook gaar tot water omtrent droog is.
Maak dan eenkant die volgende mengsel en meng goed:
1 groot pak Bisto
1 koppie koekmeel
1 pakkie sampioen soppoeier
1 pakkie bruin uie sop
1 pakkie tamatie sop
Gebruik dan 1 ½ eetlepel van die sopmengsel om die vleis mee te verdik.
Laat vleis oornag afkoel voor gebruik.
Wenk: sopmengsel kan gebruik word om souse vir pap, rys ens te maak.
Vir die deeg:
https://www.foodloversrecipes.com/2014/08/maklike-pasteideeg-2/
BRON/FOTO: Marietjie van der Merwe
Nota: Onthou net die sop mengsel word eenkant gemaak en nie alles in die vleis gegooi nie. Net 1 ½ eetlepel in vleis.








