Estelle Leeuwner Claassens – Het een gehad waar uie en lewer lae gepak word en dan net room oor kry en gebak word. Glo dun aartappel skywe tussen in sal uitstekend werk.
Jeanette Martins – Ek rol die lewer in bietjie meel en braai vinnig in ‘n warm pan. Nie gaar nie, net geseël. Skep in ‘n glasbak. Braai uie in dieselfde pan en skep bo-op die lewer. Sny aartappels in dun skyfies en pak bo-op. Maak ‘n koppie melk warm en los ‘n stock-blokkie daarin op. Gooi dit oor die aartappels en bak met ‘n deksel tot die aartappels gaar en sag is.
Joey Kotze – Lewer is die beste kos. Braai uie in botter voeg lewer blokkies by braai tot gaar gooi bietjie water by maak sous dik met souspoeier of gooi asyn by by en maak suursous albei heerlik kan lewer in bruismeel sit voor braai Koningskos








