KRUIE-AARTAPPEL-PATTIES
4 medium aartappels in kwarte gesny, gaargemaak in mikrogolfoond vir 10 min.
Dan rof gekap/opgebreek met ‘n vurk
3 eetlepels koekmeel
½ teelepel bakpoeier
2 eiers
3-4 eetlepels olie
Grasuie en dille, na smaak, opgekap
Sout, peper en ander speserye na smaak.
Meng al die bestanddele saam.
Bak teen 200ºC op oondpan in vlak olie tot goudbruin, en draai om vir anderkant.
Ek het sommer ‘n ½ ui in skywe gesny en in olie gemeng, en rof bo-op die patties geplaas vir ekstra gebraaide-uie-geurtjie.
BRON/FOTO: Meyer Combrinck








