KERRIE WORTELSLAAI
2 kg wortels, in ringe gesny
1 kg uie, gesny
25 ml sout
500 ml asyn
250 ml suiker
15 ml kerriepoeier
50 ml Maizena
Kook wortels en uie tot net gaar gooi water af.
Voeg 400 ml van die asyn by en laat opkook.
Meng suiker, kerriepoeier, Maizena en die res van die asyn! Roer goed deur en kook 6 min!
Ek het so 15 ml appelkooskonfyt bygesit en my kerrie langer gekook!
Bottel warm.
Foto- Benhet Nieuwenhuis
Die sous vir die resep is effe min, so as jy meer wil hê, maak dit dubbeld aan – sien nota onder.
Nota:
Louise Eybers: Ek het gister die kerriewortelslaai resep gemaak wat ek op die groep gekry het. Die sous in die bottels lyk vir my baie min. Ek het weer sous gemaak en deurgekook. Lyk nou sommer baie beter.