HOEVEEL MENSE KAN JY KOS GEE MET N SKAAP OP DIE SPIT
Wanneer ons skaap op die spit werk ons altyd op die volgende
Ek dink ons werk altyd op so n 20-23kg skaap vir 30 mense
Berie Smith – jy werk 500g per persoon uit sonder bene. Vir die grote skaap wat julle gaan gebruik 20- 23kg kan jy 30 – 40 mense kos gee. Jy het bykosse en nog hoender ook. Hoop dit help vir jou. Dis hoe ek dit altyd uitwerk en daar’s oorgenoeg vir almal en ‘n bietjie left overs vir die volgende dag. Vir voorgereg, kan jy onder in jou bak waar die vet afdrup, ‘n bietjie water gooi. Sit dan klein aartappeltjies en uitjies, skilpadjies en klein kaasworsies daarin om gaar te word. Jy kan ook mushrooms daarin sit. Roer net gereeld dat dit nie aanbrand nie. Geniet julle spitbraai. Alternatief is om ‘n groot stuk beesroast, heel hoenders, skaapboud of varkboud te koop en dit te spitbraai. Dit gee jou ‘n verskeidenheid van vleise, maar dit mag dalk duurder uitwerk.
Vollie Neels Volschenk
Met ‘n spitbraai kan jy werk op 40-45 mense per skaap. Dink altyd aan die hoeveelheid wat ‘n normale mens by die Spur eet. 300-400g vleis per persoon. Werk hom daarvolgens uit en onthou die bene.
Patience O’Kennedy
mens kry baie meer porsies uit as jy di hele skaap laat ontbeen en dan spitbraai.
Party ouens braai hul skaap klaar en laat hom afkoel in koelkamer en saag die hele skaap dan tjops van bo na onder en dan plaas hulle dit onder in die bv.gasbraaier saam met hul aartappels en sampioene en klein uitjies wat dan ook al gaar is of hulle plaas dit in groot swartpotte op kole om dit ekker warm te hou dan kom mens baie ver met bv. 1 skaap maklik 40-45mense op n 25kg skaap..
Ida Bouwer
Met al 3 ons kinders se mondigwordings was skaap gebraai en ons het gemiddeld 35-40 mense kos gegee per skaap. Bykosse was slaaie, klein broodrolletjies, rys/macaronie en gebakte groente. Die skaap was nie ontbeen nie, want dit moeilik om dit te spitbraai as dit klaar ontbeen is. Dan moet jy liewer gatlam maak (vleis in ‘n groot bak, maak gat in grond, bedek met kole)
Dalene Brits
Ek stem met 40-45 persone uit ondervinding