GROEN TAMATIEKONFYT
Soek tamaties sonder letsels op die skille uit. Prik die skille met n stopnaald en laat oornag in n soutoplossing week.
1 eetl.sout op 2,5 l water.
Spoel tamaties goed af. Maak n stroop van
500 g suiker vir elke 500g tamaties en
1 koppie water vir elke 2 kop. Suiker.
N paar stukke gekneusde gemmer kan by stroop gevoeg word vir smaak.
Voeg tamaties by kokende stroop. Sit die deksel op en laat kook vir n uur. Haal van hitte af en hou eenkant vir 6 ure. Haal deksel af en laat vinnig kook tot stroop dik is. Gooi n eetlepel suurlemoensap in om te keer dat sandsuiker vorm. Bottel en verseel.
Foto: Paula Oosthuizen en Carina D Van Aardt
geskuif