GEMMERKOEKIES MET ‘N KINKEL
1.5 kg bruismeel
1 kg bruinsuiker
1 teelepel sout
2 eetlepels koeksoda
2 eetlepels kremetart
2 eetlepels gemmer
500 g margarien/botter
2 koppies stroop
6 eiers, geklits
Smelt die margarien/botter en stroop saam op die stoof tot dit kook.
Sif die meel, sout, koeksoda, kremetart en gemmer saam.
Voeg die meelmengsel by die bottermengsel en meng goed.
Haal van die stoof af en voeg die suiker en eiers by. Meng goed.
Laat die deeg vir 2 twee ure rus.
Maak bolletjies en plaas op voorbereide bakplaat.
Bak teen 190 ºC vir 10 min. (maar ek vind dit moet langer)
Resep en foto: Pearl van der Walt