ERTJIES SE WORS EN AARTAPPEL PASTEI
4-5 porsies wors
5 aartappels geskil en in skywe gesny. Bietjie sag gekook
Braai wors en sny in stukkies.
2 uie opgekerf
Braai die wors en uie in n mengsel blatjang en woustershire sous.
Plaas in n gesmeerde bak die aartappel skywe.
Gooi n dun lagie slap deeg oor die aartappel en plaas die wors en uie in die deeg. Plaas nog n lagie aartappel boop die vleis en gooi die laaste van die deeg oor. Gooi paprika oor die deeg en rasper feta kaas oor.
Bak in oond vir 30 min teen 180 grade
DIE DEEG
375 ml ongesifte koekkmeel
1 koppie melk
5 ml sout
7ml bak poeier
3 groot desertlepels mayonnaise
2 groot lepels blatjang
4 eiers
2 lepels gesmelte margarine of botter
Meng alles. Gebruik in die resep
Resep en foto: Ertjies de Witt








