DONUTS VIR DONUTMAKER
1 koppie bruismeel
¼ koppie strooisuiker
mespunt koeksoda
1 eier, geklits
¾ koppie melk, ek het helfte melk en water gebruik, maak die donuts ligter, meer sponserig.
1 ½ eetlepel botter
Sif droë bestanddele, klits eier, botter en melk, meng in droë bestanddele. Laat beslag 10 minute staan.
Bak in jou donutmaker.
Ek het teelepels vol geskep in die gaatjies.
Baking sjokolade gesmelt in mikro en donuts daarin gedoop
Foto: Marie Rheeder Troskie