COBUS SE VOUE BROOD – BOERE BROOD
Erg boere brood en n metode wat ek self uitgewerk het en was nog altyd n sukses gewees,,,
8 koppies “cake wheat flour” koekmeel
2 plat teelepels sout”
1 pakkie Anchor instand yeast” gis (10g)
750 ml lou warm water”dis al,,,
Hou so n bietjie ekstra water en flour byderhand vir ingeval die deeg nie na jou sin is nie,,,
Gooi jou flour,sout en yeast deur n sif in n mooi groot knie skottel,,,gooi nou die bababottel louwarm water stelselmatig in met die een hand terwyl die ander hand die deeg saggies bymekaar maak en meng,,,
sodra al die water in die deeg is knie dan die spul leka deur,,,
seker na so n goeie 10 min behoord die degie nou sy housing te he,sag en smooth sonder om aan jou hande vas te sit,,,
Onthou die deeg moet net net nie aan jou hande vas sit nie,dit is nie n stywe degie nie,,,as hy te styf uitkom gooi nog bietjie water by en as hy te slap is gooi nog meel by,,,
Sit deksel op die skottel en sit dit buite in die son vir so n uur om heeltemal uit te bruis,,,ek gooi sommer sterk louwarm water in my wasbak sit die skottel daarin,trek n swartsak oor en bedek met n kombuis handoek(soos op photo)dit bruis dan baie gouer as die son nie wil saam speel nie,,,
Sodra die deeg nou 3 keer sy grote uitgebruis het dan knie jy dit weer goed deur,so 5 min en sit weer terug in die son of louwarm water tot dit weer vol uit gebruis is,,,
Knie nou die deeg weer mooi deur,sit n klein bietjie botter aan jou hande sodat die deeg nie aan jou hande vasplak nie,,,
Onthou jou deeg is nou warmer as wat dit was en is nou sagter en meer rekbaar,,,
Reg jou broodpanne is nou met botter gesmeer en jy sit nou jou oond op 180 grade,,,
deel nou jou deeg in porsies vir die grote panne wat jy het,ek maak drie middelslag brode met een mengsel,,,
elke brood deeg wat jy nou in n pan sit word sorgvuldig in drie gedeel(soos op photo)dit maak net die brodjie meer aantreklik en help ook sodat dit nie bars nie,,,
rol nou elke balletjie mooi rond met n bietjie botter op jou hande,sit balletjies mooi netjies langs mekaar in jou pannetjie,,,
net n kwart van die broodpan moet gevul word anders bruis hy te ver bokant die broodpan uit en maak dan n paddastoel,,,
maak nou die broodpanne mooi toe met n plastieksak tot-dat dit weer heeltemal uitgebruis is,moet dit glad nie hard haneer as jy dit in die oond wil sit nie omdat hy kan platval en sodoende dan skeef sal bak,,,
Ok nie dat jou plastieksak aan die top van jou brood raak as hy bruis nie dit maak lelike merke op jou brood kors as hy gaar is,,,
Nou as jou stoof se liggie afgaan en jou deeg is nou mooi uitgebruis,,,
dan vat jy n klein staal bekertie met half vol kookwater en sit hom teen jou onderste oondspiraal,hy moet raak sodat die water kan kook en stoom maak,,,
sit nou die broodpanne saggies in die warm oond en maak saggies toe,,,
Die brood deeg wat in drie hobbels gedeel is en die stoom wat uit die bekertjie kom is rerig die geheim dat die brood nie bars of kraak nie,,,
na 35 min behoord die brood gaar te wees,hou hulle maar dop in die oond tot jy die kleur kry wat jy verlang,,,
Mens kan dan selfs bietjie speel en die deeg uitrol en dan in n pan konsertina en dan bak,daar is so baie maniere wat n mens kan doen met die selfde deeg,,,
Ek gebruik dit vir als van dumpling tot Bunnychow,( n paar photos onder van als wat mens kan doen,,,sit tot vleis in my deeg en bak dit dan,,,
Nou as die brood uit die oond kom vryf dan weer net n bietjie botter oor die korsie vir bietjie blinkwees,,,
Enjoy en eet hom sommer warm met rerige botter en appeljan jam,,,
En as dit te veel brood is dan gebruik jy net die helfde van als,,,
Leka bak en ek glo dit gaan heerlik uitkom,,,
RESEP EN FOTO: Cobus Erasmus