CLAUDIA SE VINNIGE HOENDERPASTEI
1 groot heel gaar hoender wat in stukkies gesny is (sonder die vel)
2 klein uie in stukkies gesny
250 g sampioene in skyfies gesny
2 teelepels knoffel
1 eetlepel basil kruie
250 g bacon blokkies
1 sakkie chicken ala king Dry cook in sauce van Knorr
1 sakkie Chicken and mushroom Pan Dry cook in sauce van Knorr
1 liter lae vet melk en sout en peper na smaak
2 rolle puff pastry.
Braai die uie en knoffel in ‘n pan tot lekker bruin, sit die sampioen en by en braai.
Sit nou die liter melk in en die 2 sakkies van knorr.
Sit by die stukkies hoender en voeg sout en peper na smaak toe en sit die basil kruie by.
Laat die mengsel afkoel.
Rol jou 2 rolle deeg uit en spray en cook jou oond bak en line dit met die 1ste rol deeg.
Sit die afgekoelde hoender mengsel in en sit die 2de rol puff pastry bo oor dit en druk die sy kante toe. As jy wil kan jy met die left over deeg ‘n mooi versiersel voor bo op die pastei maak
Smeer die bo kant met ‘n bietjie eier en bak vir so uur op 180 ºC in die oond.
Bon apetit
Resep en foto: Claudia Bellink









