BESTE PASTA DEEG OOIT
My pastadeeg maak ek as volg:
1 koppie meel
2/3 koppie semolina
2 eiers
1 eetlepel olyfolie
Knippie sout
Meng die meel. Maak holte in meel en breek die eiers asook olyfolie en sout daarin. Meng tot stywe deeg (ek werk in my menger met die deeghak aan). Knie deeg vir 2-5 minute tot sag. Smeer met bietjie olyfolie en maak toe in plastiekhouer of sakkie. Laat rus vir omtrent 30 minute by kamertemperatuur. (Ek los dit in yskas as dit paar uur is voor ek deeg moet uitrol, veral in somer). Voer deur pastamasjien. Begin op dikste stelling en werk geleidelik tot by dunste.
Die deeg vries goed. Deesdae maak ek klomp deeg aan en vries in kleiner stukke. Ontvries oornag in yskas (of as ek vergeet het om betyds uit vrieskas te haal so paar uur op kombuiskas). Rol dan uit en gebruik.
Jy kan ook klaar uitgerolde velle vries. Strooi meel tussenin dat dit nie vasklou aan mekaar nie.
Of natuurlik kan jy lasagne klaar voorberei en bak en vries vir later eet.
O ja, ek gebruik net parmesaankaas in my lasagne. As daar oorbly gaan dit vrieskas toe tot volgende keer. Selfs orige witsous bêre ek in vrieskas vir volgende rondte lasagne.
RESEP: Tina Bruwer
FOTO: Sonja Zino









