

7 MINUTE VANILLA MIKROGOLF KOEK
1 koppie suiker
1 koppie bruismeel
4 eet lepels olie
3 eet lepels maizena
2 eiers
knippie sout
1 koppie kook water
5 ml vanilla essence
Meng alles saam behalwe vanilla essence as die mengel klaar goed deur gemeng is gooi dan vanilla essence in
Gooi mengel dan in goed gesmeerde botter/olie bak sit in mikrogolf vir 7 minute
Gooi uit op bord versier tot u keuse
Ek maak 2 beslagte sodat ek koeke bo op mekaar kan sit en ek gebruik caramel en flake vir versiering
Foto: Alicia Van Schoor
Wenk: Ronel Muller Thoma
Ek het die 7 min mikrogolf koek gemaak met ‘n twist. Het kwepers onder in bak gesit en toe beslag oor gegooi. Saam met dun vla! Heerlik.







