WENKE OM BOTTELS TE STERILISEER VIR INLE
Ek het bietjie gaan oplees, Hulle se net die flesse se deksels moet baie styf pas. Was die flesse baie goed in warm water. Verhit jou oond tot 140 grade C en pak die flesse daarin. Sit af en gebruik die flesse so uit die warm oond. Versigtig om nie warm fles op ‘n koue oppervlak neer te sit om te bottel nie, gebruik ‘n hout plank. Bottel tot gelyk vol, want openinge gee geleentheid vir bakteriee om te groei. Draai die deksel styf op, en laat staan om aftekoel. Ek het ook gehoor van die bottels op hulle koppe draai, maar kon nog nooit uitvind of dit enige effek het nie. Jy kan ook sirkels sny uit waspapier, en met die was kant ondertoe, op die konfyt sit voor jy die deksel opsit. Vee die bottel mooi skoon.
Maritza Vorster Moolman
Of maak die flesse vol met water en sit in mikrogolfoond verhit totdat die water kook
Onthou geen seepwater vir enige fles nie!!Skoon warm water..Mikrogolf vir 2min+- en gebruik uit mikrogolf ..vee die rand van jou bottel ook met n skoon papier handoekie af voor jy dit vasdraai..waspapier is baie goed..enige iets wat asyn in het moet nie met die delsel kontak maak nie..
Alet van Zyl
Ek was net altyd my potte uit – sit hulle eenkant totdat ek hulle nodig kry – dan bottel ek my vrugte, konfyt, ens. warm en draai die deksel styf toe en sit dan die bottel onderstebo neer totdat die inhoud koud geword het… doen dit al jare so, het dit by my ouma en ma geleer en nog nooit ‘n flop gehad nie!
Suzette Donadio Bubalo
Ek steriliseer my skoon flesse in my mikrogolfoond. Ek spoel net die binnekant van die fles uit met skoon water en gooi dit uit. Dan plaas ek die fles met waterdruppels aan net so in die mikrogolfoond. Ek sit so 5 flesse in op n slag en kook vir 2 minute op hoog. Ek het n element vir my gekoop met n kragprop aan en plaas al my dekseltjies in n beker met kookwater en my element haak aan die beker. Die element kook die hele tyd die water in die beker en dan verwyder ek die dekseltjies met n ystang en droog dit net vinnig goed af met n skoon lap. Ek glo die flesse moet warm wees, die inhoud moet warm gebottel word en die dekseltjies moet ook warm wees. Ek plaas al my gevulde flesse op houtplanke tot dit afkoel en sodra dit koud word hoor n mens n harde “glug”-geluid soos die deksels lugdig verseel soos dit koud word. Daarna was en droog ek al die gevulde flesse
Tronel Franken Meintjies
Ek sit my bottels in die dishwasher en gebruik dit daaruit
Thirsia Smith
Ek sny papiertjies uit ‘wax wrap” week dit vir ‘n rukkie in brandewyn wat ek in ‘n piering gooi, dan sit ek dié papiertjies bo-op die heeltemaal koue konfyt voordat die bottels toegeskroef word. Dit verhoed dat daar swamme (muf) bo-op vorm en die konfyt dalk bederf.
Ben Rautenbach
Ek tap so kwart water in bottels en sit in mikro vir 4min hang af hoeveel bottels.Gooi water uit en droog uit,skep vol met kookmemgsel plaas in mikro vir 2min.Deksels bly in kook water tot verseel word,droog goed+vetseel styf,draai op deksels tot koud.Rede vir op deksel draai dan bly deksel netso warm soos konfyt ens en koel saam af.Deksel seel stywer en kan ook sien as deksel nie dig sluit of lekkasie het!Nog nooit n probleem met dit gehad nie.
Rina Kleinhans – Laat hulle net in lekker sterk warm seep en suurlemoen water le, en maak dan baie goed skoon dat jy seker is daar is geen seep oor nie… dit behoort te werk, glas bottels hou nie sommer ‘n reuk nie.
Natasha Van Der Westhuizen – Asyn en kookwater is ook ‘n wenner. Jy tot titsel koeksoda insit. Laat dit dan bietjie oopstaan na dit gewas en afgedroog is
Leonore Bosman – Selfs vanilla essens in water in die bottel, sal ook help
Marie Mynhardt Davis – Sterksoutwater en laat staan oornag. Boonste rate sal almal werk. Soutwater help om suur reuk van melk oornag te neutraliseer in houers/bottels.
Onthou dames as jul volgende keer iets inle of stoor plaas kleefplastiek of plastiek oor voor prop opdraai. Dan sal prop of rubber nie kan verkleur?







