Kors:
Meng die koekie krummels en gesmelte botter en druk dit op die boom teen die kante van tert pan van 20-22 cm in deursnee vas.
Vulsel:
Dreineer die appelkose en behou die vloeistof.
Verhit die vloeistof en roer die jelliepoeier in tot opgelos is.
Verwyder van hitte en laat afkoel.
Verpulp die appelkose in ‘n voedsel verwerker en roer dit saam met die maaskaas in die jellie mengsel in.
Vou die geklitse room in en giet die mengsel in die kors.
Plaas in yskas tot gestol.
Versier met appelkose of gekapte neute soos verkies.
Ek het my koek pan met klips gebruik as ‘n tert pan.








