SJOKOLADE MALVAPOEDING|
Geplaas en getoets: Amanda Struwig
Foto: Elizabeth Haupt
FOOD LOVERS RECIPES
Jy sal nie weer die gewone een maak as jy hierdie een geproe het nie
BESLAG
80 g (1/3 koppie) botter
400 ml suiker
2 ekstrag root eiers
500 ml (2 koppies) koekmeel
7 ml (1 ½ teelepel) koeksoda
10 ml (2 teelepels) bakpoeier
50 ml (40 g) kakaopoeier
500 ml (2 koppies) melk
30 ml (2 eetlepels) asyn
40 ml appelkooskonfyt
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n oondbak met die gesmelte botter of gebruik kossproei.
Klop die suiker en botter sowat 5 minute in ‘n mengbak tot romerig.
Klits die eiers by en klits die hele mengsel goed. Sif die meel, koeksoda, bakpoeier en kakao in ‘n aparte mengbak.
Meng die melk, asyn en appelkooskonfyt in ‘n aparte mengbak. Voeg dit en die droë bestanddele beurtelings by die romerige eiermengsel. Meng alles baie goed en giet in die bereide oondbak. Bak sowat 30 minute of tot gaar.
SOUS
150 g botter
300 ml room
180 ml (¾ koppie) suiker
Meng intussen die sousbestanddele in ‘n klein kastrol en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut sowat 3 minute. Giet warm sous oor poeding sodra dit uit die oond uit kom.
Madelein Bosch – Probeer so paar swart Wilson toffees by die sous volgende keer! Ek dit al so gemaak! Baie lekker en iets anders!








