MARIETJIE SE GROENTE-PIEKELS
1 kg gherkins
10 baba wortels
8 piekel uitjies
hand vol blomkool
hand vol groenbone
pakkie vars baba mielies
sout
600 ml wit asyn
400 ml water
500 ml suiker
20 ml pickling spice.
Meng al die bestanddele behalwe groente in kastrol.
Roer tot suiker gesmelt is en bring tot kookpunt.
Prut 5 minute lank. Sny groente na keuse en voeg by asyn mengsel.
Kook 5 minute en bottel warm.
Hierdie is vir die “sweet en tangy” piekels. Om suurder te maak, verminder suiker na 360 ml.
Geskuif