KORSLOSE KAAS QUICHE
60 ml botter
60 ml koekmeel
150 ml melk
5 groot eiers, liggies geklits
1 x 250 g-bakkie gladde maaskaas
2,5 ml Dijon-mosterd
2,5 ml bakpoeier
100 g gruyère of beleë cheddar, gerasper
5 sprietuie, in fyn ringetjies gesny
30 ml gerasperde parmesaan en roket, om voor te sit
Smelt die botter in ’n kastrol. Voeg die meel by en roer. Haal dit van die plaat af en roer die melk bietjies-bietjies by om ’n baie dik witsous te vorm. Sit terug op die plaat en laat vir vyf minute kook – roer die heeltyd. Haal van die plaat af en roer nog vyf minute tot afgekoel.
Meng die eiers, maaskaas, mosterd en bakpoeier in ’n bak en geur dit na smaak.
Meng die eiermengsel met die witsous en roer die gruyère of cheddar en sprietui by. Skep in ’n gesmeerde oondbak en bak vir 30 minute in die oond, tot goudbruin en gaar in die middel. Sprinkel die parmesaan oor die warm quiche en laat dit vir 10 minute rus.
Sny en sit met roket voor.
Foto: Adam Cloete









geskuif