Kook 500g fyngekerfde boontjies in soutwater tot sag.
Dreineer en laat effens afkoel.
Sif:
375ml koekmeelblom,
10ml bakpoeier,
5ml kerriepoeier en
2ml borrie saam.
Meng boontjies by en dan 2 geklitste eiers en 1 fyngerasperde ui.
Skep lepelsvol in vlak olie en braai beide kante tot effe bruin
Resep en foto: Antoinette van der Merwe








