BEROKING IN ‘N POT
Ek het ń rooster gemaak wat in die pot pas
Strooi 2 eetlepels saagsels onder in die pot
Sit die stoof se plaat aan op hoog
en laat warm word vir 5 min
Pak die vleis wat jy wil rook op die rooster in die pot en si die deksel op, as die deksel nie dig is nie sit foelie oor die pot en sir dan die deksel op
Sit nou die pot op die warm plaat en hou dit vir 10 min daar nou kan jy die hitte verlaag na medium
Wors en bacon neem so 15 – 20 min
Jy moet maar sel die rooktydperk vasstel dit wissel met die pot groote
Jy kan ook die pot op die vuur of gasvlam sit om te rook
Hier is foto’s dalk help dit jou meer
Met die tyd sal jy leer hoelank jy wat moet rook
Ek rook my vleis en braai dit verder op die kole gaar
Bron: Johan Coetzee








