SPINASIE EN FETA SOUTTERT (met variasies)
KORS:
100g Maizena
180g Meel
Knippie Sout
125g Koue Botter
100g Yskoue water
Sif Maizena, meel en sout saam. Rasper botter by meel mengsel. Voeg water by en knie alles saam om ‘n deeg te vorm. Druk die deeg in ‘n oondvaste bak en ‘n entjie teen die kante op.As dit koud is kan jy hierdie deeg uitrol, maar in die Somer is dit makliker om die deeg net in die bak te druk met jou vingers. Los in yskas tot benodig. Verhit oond tot 200ºC.
VULSEL:
600g Spinasie, gekerf (2 pakke)
1 Ui, gekap
3ml Ina Paarman’s Rosemary & Olive Seasoning
2 Wiele Fetakaas, gekrummel
2 Eiers
1 Koppie Melk
2 Opgehoopte Eetlepels Maizena
3ml Neut
Aromat & Vars gemaalde Swart peper
½ Koppie Cheddarkaas, gerasper
Soteer ui en Ina Paarman geursel in bietjie botter tot sag. Roer spinasie hier by en roerbraai vir 5 minute of tot spinasie bietjie sagter geraak het. Meng spinasie, ui en gekrummelde Fetakaas saam met ‘n vurk. Plaas spinasie mengel in bak wat met deeg uitgevoer is. Meng eiers, melk, Maizena, neut, Aromat en peper saam. Gooi bo-oor spinasiemengsel. Strooi kaas bo-oor. Bak 45 minute op 200ºC.
NS:
Jy kan ook ‘n halwe koppie melk en halwe koppie room gebruik. Ryk, maar lekker 🙂
Bacon en Kaas souttert:
Gebruik hierdie resep as basis vir verskillende terte. Laat spinasie en Fetakaas uit en vervang met ‘n pakkie gekapte Bacon wat vooraf gaargemaak is, behou die ui in die resep en voeg ‘n bietjie knoffel by.
Butternut en Feta souttert:
Vervang die spinasie met gaar butternut blokkies (500g as rou)
Resep en foto: Louise Groenewald