Kyk net na hierdie lekker sardien in tamatiesous poffertjies
1 blik sardiens in tamatie sous
2 koppies koekmeel ( gesif)
2 teelepels bakpoeier
2 eiers (geklits)
sout en vis speserye na smaak
bietjie melk of water om te meng
Maak vis fyn met n vurk, voeg geklitse eiers, speserye en sout by en meng. Voeg by die meel en bakpoeier en roer deur. Sit nou melk of water by en meng tot ‘n redelike medium beslag wat jy met lepel kan skep. Braai in diep warm olie tot gaar. Dit gee nogal baie poffertjies en is perfek as jy kuier mense het om te help eet.
BRON – Ralie van Tonder








