KNOFFEL CHILLISOUS
1 kg rissies
4 knoffelhuisies
3 uie
2 koppies wit asyn
1 ¼ koppie suiker
1 teelepel gemmer
1 teelepel sout
½ koppie tamatiesous
4 teelepels Maizena
Kook die rissies, knoffel en uie tot sag en verpulp.
Kook sous met die res van bestanddele.
Verdik met Maizena.
Voeg verpulpte rissie mengsel by, kook saam en bottel warm.
Resep: Beulagh Lombard
Foto: Ellen Mienie








