HEERLIKE OOND GROENTE
Wat nodig het is enige groente (in die een het ek Aartappels, wortels butternutt, uie, tamatie en greenpeppers)
1 teelepel sout
Pakkie bruin uie sop
Honey and Musterd slaai sous
Botter / margarine
Spuit bak met spray en cook en plaas groente in bak
Sampioene kan ook in gesit word
Gooi sout en bruin uie sop oor die groente
En dan die honey en mustard slaai sous.
Sit ‘n paar klontjies botter bo op die groente (ek sit so 6 klontjies op) maak dit toe met foelie en sit in die oond teen 180 – 200 ºC bak tot gaar (dit vat so tussen ‘n uur tot uur en ‘n half) jy sal die reuke duidelik ruik wanneer groente gaar is.
Ansa C Reyneke
gooi mens die hele bottel slaaisous oor en maak mens die soppieier aan of strooi net so droog oor?
Charmaine Coetzee
Ek maak gewoonlik net seker dat daar van die sous op al die groente is. Ja ek strooi die sop so droog oor die groente maar ook nie die hele pakkie nie. Gooi dit op soos of ek speserye sou oor gooi.








