GRANADILLASOUS VIR ROOMYS
1 blik kondensmelk
1 blikkie Granadillapulp
180 ml lemoensap
2 eetlepels vars suurlemoensap
Meng die bestanddele saam en geniet oor roomys.
Nota:
Indien die sous te soet is na smaak, meng 1 klein houertjie ongegeurde jogurt by.
Resep: Abie Le Roux








