Resep en foto: Ronnie Hough
Nota: Petro Borchard
Die verhouding van asyn en suiker klink veilig. Ek sou net die metode verander. Plaas al die groente in die warm sous, bring weer tot kookpunt, skep groente tot onder die nek van die bottel, vul op met kook warm sous om groente te bedek los so 5 mm oop vir vakuum om te vorm, maak seker daar is nie lug borrels nie, vee die nek skoon met klam skoon vadoek en draai deksel ‘finger tight’ op. Plaas bottels in water bad, bring weer tot kookpunt vir so 5 minute – dit sal sorg dat die lug wat nog in die bottels is, uit forseer is en vakuum gevoem is. Haal uit, maak seker al die deksels is nog steeds stewig vas, GEEN DRAAI ONDERSTEBO NONSENS nie, laat afkoel. Gee dit ‘n paar weke vir die geure om te verouder. As bottel oopgemaak is, hou in yskas.








