BULLY BEEF POFFERTJIES
My bullybeef poffertjies gebak (die in die middel van elke bord) Ek het Chakalaka Bully Beef gebruik – dis heerlik ! Ander is klein Savoury muffin’tjies.
BULLY BEEF POFFERTJIES
1 blikkie bully beef
2 kop meel
½ kop water of melk
2 eiers
2 teel bakpoeier
knippie sout
1 klein ui, fyn ingerasper
peper/geurmiddels na smaak
Druk Bully Beef goed fyn. Gooi in bak.
Sif meel, bakpoeier en geurmiddels by en meng goed deur.
Gooi eiers een vir een by en meng goed.
Gooi water/melk by en meng goed.
Bak lepelsvol in olie tot gaar en goud bruin.
JY KAN ENIGE IETSIE SAAMGOOI: Tuna , spinasie ens.
BRON: Charmaine O’Neil
FOTO: Marie Rheeder Troskie
Ek het hierdie in klein tertjies/muffin pannetjies gebak- ek’t ‘n blikkie ham gebruik en al die ander bestanddele soos per resep :
SAVOURY MUFFINS for afternoon tea (foodloversrecipes)
PHOTO: Marie Rheeder Troskie








