VISVINGERGEREG MET TAMATIE
250 ml gekapte uie
15 ml margarien
2 ml kerriepoeier
125 ml gerasperde kaas
375 ml matige dik witsous
500 ml gaar rys
suurlemoensap
400 tot 500 g bevrore visvingers
paprika
1 tot 2 ryp tamaties geskil en in skywe gesny.
Voorverhit oond tot 200 grade C. Smeer groterige oondvaste bak of bespuit met kleefwerende kossproei. Soteer die ui in die smeer. Voeg kerrie by en braai liggies. Meng die uiemengsel, kaas en witsous. Skep die rys in die bak. Sprinkel suurlemoensap oor die visvingers en rangskik hulle op die rys. Giet witsousmengsel oor. Strooi paprika oor en rangskik tamatieskywe bo-op. Bak die gereg sowat 30 min tot goudbruin en gaar. Sit warm voor. Ek het nie tamatieskywe opgesit nie, want ek eet nie gaar tamatie nie.
Foto: Annelise Engelbrecht
Nota: Johann Engels
Het dit probeer en dit IS heerlik. Gisteraand het ek die visvingers met 4 blikkies tuna vervang en dit was hemels!








