TAMATIE CHILLI KONFYT
So lyk my klein tamatietjies wat ek gister geoes het se jem !
2 kg klein tamatietjies gehalveer (baie kleintjies heel gelos)
1 kg suiker
2 gerasperde granny smith appels wat geskil is
1 groterige stuk gekerfde vars gemmer
1 teelepel sout
1 suurlemoen se sap
6 gesnipperde chillies (rooi)
Voeg alles in ‘n kook kastrol en laar staan vir ‘n halfuur.
Bring dan stadig tot kookpunt en kook dan op lae hitte vir 1 ½ – 2 ure.
Bottel dan warm in gesteriliseerde flesse.
Note : Ek het vir elke kg tamaties net ‘n ½ kg suiker gebruik en ek dink vir my is dit perfek, want ek sit altyd met ‘n klomp sous oor en daar is by die mengsel byna geen sous oor gewees nie!
Resep en foto deur Gideon Louw








