SAGTE FUDGE
700 g suiker
1 eetlepel botter
1 blik kondensmelk
5 ml vanilla geursel
1 koppie melk of room (Ek het ½ koppie melk en ½ koppie room gebruik)
Smelt suiker, botter en melk saam in pot, bring tot kookpunt en dan sodra dit begin prut, voeg vinnig jou kondensmelk by en hou aan roer vir so 20 min na 23 mins tot dit begin draderig raak. Sodra ek sien dit raak suikerig, haal ek my pot af, want dit het mos nou al liggies die fudge kleur. Voeg nou die geursel by en roer deur. Giet dit in my bakke, en dan laat ek afkoel vir so 20-25 mins en sny terwyl dit nog warm is.
Die bietjie wat in pot oorbly, vat ek so 6 bournville dark choc blokkies en voeg dit by roer tot gesmelt en gooi in bak om af te koel.
Resep en foto: Benicia Mattheus









