Kook die heel hoender saam met die uie, asyn en knoffel tot sag en bruin gebraai. Voeg sout en swartpeper na smaak by ( kook duur +- een uur ) laat afkoel.
Ontbeen die kiep en voeg by die sampioene, soppoeier en rissievlokkies en kook deur moenie droog wees nie en moet ‘n lekker sousie hê.
Laat koel af.
Rol die blaardeeg effens uit en plaas dit in ‘n gespuite kleinerige broodpan sodat die punte van die deeg teen die pannetjie se sy bymekaar kan kom as dit toegevou word.
Skep die vulsel op die deeg en strooi parmasaan kaas oor.
Vou nou die deeg oor na die sy van die pan en druk vas met ‘n vurk.
Sny drie kepe oor die deeg en smeer met geklitste eier.
Bak in n voorverhitte oond op 180ºC vir +- 1 uur.
Resep en foto van Gideon en Rinie Louw










Op nuwe blog.